Teel Doelwitte.

Teel Doelwitte

Posted on June 6, 2015 · Posted in Uncategorized

Ons teeldoelwitte hier by Patriot Boerbokstoet is:

  • Om hoogs vrugbare Boerbokooie met goeie moedereienskappe te teel wat, wanneer dit met goeie bestuursinsette gekombineer word, maklik lampersentasies van 180% en speenpersentasies van rondom 165% lewer.
  • Om geharde, bespierde ramme met ‘n hoë libido direk van die veld af op ons ooitroppe te kan gebruik.
  • Om funksioneel doeltreffende Boerbokke met bogemiddelde siekte- en parasietweerstand te teel wat minimale insetkostes benodig.
  • Om nie stalgevoerde Boerbokke te teel nie wat van volrantsoene afhanklik is om goed te kan produseer.
  • Om ons vee, insluitend die Boerbokke, te gebruik om die kondisie van ons veldweiding deurlopend deur middel van goeie weidingbestuurpraktyke en ‘n holistiese boerderybenadering te verbeter om sodoende ons boerdery meer volhoubaar te maak.
  • Om funksioneel doeltreffende, aanpasbare en gesonde Boerbokke op die veld te teel wat vir enige koper ‘n aanwins en trots sal wees.

 

Vinnige Boerbok Feite

  • Vrugbaarheid is die enkel mees belangrike faktor in enige veeboerdery.
  • Goeie moedereienskappe dra aansienlik tot die winsgewendheid van die boerdery by.
  • Gehardheid en siekteweerstand verminder insetkostes en dra by tot winsgewendheid.
  • Patriot Boerbokke lewer maklik hoë lampersentasies van 180% met gesonde speenpersentasies. Ons gemiddelde lampersentasie oor die afgelope 19 jaar is 187%.
  • Patriot Boerbokke is hoogs aanpasbaar wat beteken hulle produseer goed onder ‘n wye verskeidenheid boerderytoestande en -stelsels.
  • Ons Boerbokke ontvang slegs byvoeding op strategiese tye in ons produksiesiklus.  Ons glo nie daaraan om deur middel van onvolhoubare en uiters duur stalvoeding ons diere se gewig en groeitempo kunsmatig te verhoog nie.