Patriot Boerbokooie te koop.

Ek het deurlopend goed geteelde funksioneel doeltreffende Boerbokke te koop. Dié ooie loop op strawwe Karoo bergveld en ontvang geen byvoeding nie behalwe net voor en gedurende my dek- en lamseisoen. Fotos van myBoerbokooie wat hieronder verskyn is van diere wat net so uit die veld kom waar hulle die absolute minimum aandag en insette ontvang. Ons berei hulle nie spesiaal vir kopers of fotos voor nie. Dis werklik funksioneel doeltreffende diere wat met vrymoedigheid in die veld gebruik kan word.

Hulle het almal volledige Herdmaster kuddebestuurprogram teel- gesondheids- en gewiggeskiedenisverslae wat aan kopers gelewer word.

Moet asseblief nie dié Boerbokooie met die pragtig gekamde, stal-gevoerde, lae libido, hoë insetkoste Boerbokke wat dikwels op veilings aangebied word, vergelyk nie. My Boerbokke is geharde, aangepaste diere wat reg is om met ‘n absolute minimum insetkostes onder ekstensiewe omstandighede, te gaan werk. En soos u reeds weet, beteken lae insetkostes vir u beter winsmarges.

 

Top-klas Boerbokooie te koop

    1. 30 goed geteelde Boerbokooitjies, kommersiëel, ongewissel, meeste waarvan uit SA Stamboek geregistreerde ooie tussen Augustus en September 2014 gebore is. Hierdie is reeds geharde, aanpasbare diere wat tans as gevolg van erge droogte in ons distrik, slegs elk ‘n handvol sjokolade mielies twee keer per week ontvang.

      Alle inentings en ander dieregesondheidbehandelinge is reeds gedoen en op datum en hulle word almal met Herdmaster kuddebestuur verslae vir dieregesondheid, gewig en bloedlyn verskaf. 

    2. 40 uitstaande beproefde Boerbokooie, kommersiëel, tussen 6-tand en 8-tand. Meeste waarvan uit SA Stamboek geregistreerde ooie gebore is.  Hulle het hulself oor en oor in ons kudde beproef en is geharde veldooie wat op harde Karoobergveld reg deur die jaar loop.

      Alle inentings en ander dieregesondheidbehandelinge is reeds gedoen en op datum en hulle word almal met Herdmaster kuddebestuur verslae vir dieregesondheid, gewig en bloedlyn verskaf.

 

Dié bokke is aan plaaslike kopers sowel as vir uitvoer beskikbaar.

U is baie welkom om my by 072 594 4626 te kontak vir verdere inligting omtrent diere waarin u belangstel. Ontvangs op die plaas is nie watwonders nie maar los asseblief vir my ‘n boodskap en ek skakel u terug of stuur vir my ‘n epos of ‘n SMS of WhatsApp.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>