Patriot Boerbokramme te koop.

Ek het altyd goeie geharde stoet en kudde Boerbokramme te koop. Meeste van die ramme is reeds in my eie kudde gebruik en hulle aanteel kan besigtig word indien kopers dit sou verlang. Hierdie is geharde, aanpasbare diere wat reg is om onder ekstensiewe omstandighede met minimlae insette te gaan werk. Hier is hulle, in hul werksklere sonder voorbereiding, direk van die veld af.

Soos u weet, hoe laer u insetksotes, hoe beter u winsgewendheid.  Patriot Boerbokramme word vir winsgewendheid, nie vertoon, geteel.

Alle inentings en ander dieregesondheidbehandelinge is reeds gedoen en op datum en hulle word almal met Herdmaster kuddebestuursagteware verslae vir dieregesondheid, gewig en bloedlyn verskaf.

Dié Boerbokramme is aan plaaslike kopers sowel as vir uitvoer beskikbaar.

Moet asseblief nie my diere vergelyk nie met stal gevoerde, lae libido bokke wat vir skoue en veilings gewas en gepolitoer word.  Dikwels wyk dié blink bokke af van die Boerbok se kernwaardes van vrugbaarheid, goeie moedereienskappe, gehardheid en aanpasbaarheid.

U is baie welkom om my by 072 594 4626 te kontak vir verdere inligting omtrent diere waarin u belangstel. Ontvangs op die plaas is nie watwonders nie maar los asseblief vir my ‘n boodskap en ek skakel u terug of stuur vir my ‘n epos, ‘n SMS of WhatsApp.

Die fotos hieronder toon ramme wat tans te koop is, wat onlangs verkoop is en wat binnekort bemarkbaar sal wees.  Kontak my gerus vir my jongste beskikbare ramme sowel as pryse.


 

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>