Patriot Boerbokke te koop.

 

Patriot Boer Goats for sale

Is u moeg daarvoor om op veilings baie kapitaal in Boerbokteelmateriaal te belê en dan te sien hoe die diere vinnig kondisie verloor asook verswakte libido toon sodra hulle in die veld gesit word?  

Patriot Boerbokstoet sal  u verwagtinge oortref. 


Terwyl ons glo dat ons mooi diere teel, wat in alle opsigte aan die Suid-Afrikaanse Boerboktelersgenootskap se rasstandaarde voldoen, is een van ons hoof doelwitte om praktiese, funksioneel doeltreffende diere te produseer waarmee in die veld met minimale insette geboer kan word. En ons Herdmaster prestasiesyfers beaam dit.

Uit en uit grootte en “vetheid” is nie vir ons die alfa en die omega nie. Vrugbaarheid, gehardheid en moedereienskappe is wel sleutelelemente in ons stoetery, en ons poog om hierdie eienskappe in ons bokke vas te lê en sodoende aan ons kopers beskikbaar te stel.

Navrae in verband met ons Boerbokke se teling, bloedlyne, SA Stamboek registrasies, prestasiesyfers, sowel as in verband met die uitvoer van hierdie diere, is baie welkom.

Al ons diere is teen Ensotiese Aborsie ge-ent en  hulle het almal Multivax P Plus en Glanvac 3 inentings gekry. Hulle dip- en ontwurmingsprogramme word noukeurig uitgevoer en is op datum. Die kudde word met die welbekende Herdmaster sagteware bestuur en dus kan verskeie verslae soos byvoorbeeld behandelings, nageslag, bloedlyn, gewig ensomeer van indiwidue of groepe diere voorgelê word.

Ons boer in ‘n nie-Hartwater gebied maar behandel voorkomend ons diere wat na Hartwater gebiede toe gaan en wat uitgevoer word, en behaal groot sukses daarmee.

 

 

Klik gerus op die skakels hier links om van die diere wat te koop is, te besigtig.