Boerbok Uitvoere.

Patriot Boer Goat export

Patriot Boerbokstoet uitvoerkratte wag om op die vliegtuig gelaai te word. Johannesburg, Suid-Afrika

Patriot Boerbokstoet werk nou saam met ‘n span uitgesoekte kundiges in die Suid-Afrikaanse Boerbokbedryf en verwante bedrywe om ons top Boerbokke en genetika na verskeie lande in die buiteland uit te voer.  Dié lande sluit in Abu Dhabi, die UAE, Dubai, Sudan, Botswana, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe, Ghana, die DRK en ander.

Patriot Boerbokstoet voorsien  alle teeldiere en genetika, bedryf en bestuur die kwarentynfasilitiete en behartig alle veeartsenytoetse en inspeksies deur die Suid-Afrikaanse Boerboktelersgenootskap en die Staatsveeaarts wat volgens die invoerprotokol vereis word.

Ons bied ‘n omvattende diens:

  • Voorsienning van Boerbokke,
  • Kwarentyn in ‘n geregistreerde fasiliteit op die plaas,
  • Alle veeaartsenykundige toetse soos deur die invoerpermit vereis word,
  • Inspeksies en registrasies deur die Suid-Afrikaanse Boerboktelersgenootskap,
  • sertifisering en inspeksie deur ‘n Suid-Afrikaanse Staatsveearts,
  • Alle vereiste permitte vir uitvoer,
  • Padvervoer en lugvrag,
  • Alle administrasie en dokumentasie.

Patriot Boerbokstoet verskaf ook veeartsenykundige toerusting soos spuite, bekdoseerspuite, tatoeertange, oorplate, hanteringskrate en nekklampe, bokhekkies, skale, sowel as voer en veemiddels.

Kwarentynfasiliteite

Patriot Boerbokstoet beskik oor Staatsveearts-goedgekeurde kwarentynfasiliteite waar uitvoerdiere onder kwarentyn geplaas word voordat hulle uitgevoer word. Hierdie fasiliteite is volgens streng standaarde opgerig en voldoen aan alle vereistes wat deur die Departement Landbou gestel word.  Dit is ook deur die Oos-Kaap Staatsveeaartsenydienste goedgekeur.

 

Patriot Boerbokstoet uitvoere

Patriot Boerbokstoet kwarentyn fasiliteite

 

Patriot Boerbok uitvoere

Patriot Boerbokstoet kwarentyn fasiliteite

Patriot Boerbokstoet uitvoere

Uitvoerbokke word slegs die beste voer gevoer tydens hulle kwarentyntydperk.

Wat u behoort te weet alvorens diere ingevoer word:

Boerbokke en Boerbokgenetika word na baie lande uitgevoer en ons ontvang baie navrae en versoeke vir kwotasies in die verband.

As gevolg van die invoerprotokol of -permit wat ‘n aansienlike impak op die projekkoste het, is dit noodsaaklik dat ons sekere dokumente vanaf die invoerder ontvang alvorens ons ‘n kwotasie kan uitreik:

  1. ‘n Pro-forma invoer permit wat deur die invoerland se Departement Veeartsenykunde of soortgelyke staatsdepartement uitgereik is; OF
  2. ‘n Invoer protokol wat deur die invoerland se Departement Veeartsenykunde of soortgelyke staatsdepartement uitgereik is;
  3. Die plek/dorp/lughawe van aankoms in die invoerende land;
  4. Datum wanneer die Boerbokke benodig word.

Sodra ons hierdie dokumente ontvang het, sal ons u van ‘n volledige kwotasie kan voorsien.

Invoerlande benodig gewoonlik die volgende:

  • Dat diere vir ‘n gespesifiseerde tydperk op kwarantyn of in isolasie aangehou word. Dit sal in die invoer protokol uiteengesit word;
  • Veeartsenykundige sertifisering dat die diere vry van sekere siektes en peste is sowel as die nodige amptelike dokumentasie om dit te bevestig;
  • Dat die Boerbokke sekere bloedtoetse moet ondergaan om hulle vry van sekere siektes te kan verklaar;
  • Alle Boerbokke moet van die nodige inspeksieklarings wat deur die Suid-Afrikaanse Boerboktelersgenootskap uitgereik word, sowel as die nodige sertifisering deur ‘n Suid-Afrikaanse Staatsveearts, voorsien word.