Bloedlyne van hoofsaaklik Oom Izak Vorster maar ook van Francois Maritz en Koenie Cotze is in die verlede gebruik om die stoetery te vestig. As deel van my teelverbeteringprogram word goeie beproefde ramme wat onder soorgelyke toestande as my eie geteel word, gebruik. Meer onlangs speel my eie ramme ‘n al grooter rol in die realisering van my langtermyn doelwitte.
In 2008, 2010 en weer in 2011 het ek gebruik gemaak van laproskopiese inseminasie om my ooie met saad van 2007 Wêreldkampioen Magnum, 8 keer Groot Kampioen Noster en Kampioenram Cheetah te bevrug. Die erkende KI spesialiste, Ramsem het ons in dié proses bygestaan.
Die eerste jong ramme vanuit hierdie KI program is reeds in 2009 verkoop. Noudat hierdie genetika in my kudde gevestig is, bou ek voort op hierdie uistekende basis. In 2011 het ek saad van Oom Izak Vorster, (Middelburg, Oos-Kaap) se top ram Cheetah gebruik om van my top ooie te insemineer. Dié aanteel is reeds in Mei 2011 gebore en is ek baie tevrede met dié diere se aanteel tot dusver. Ek gaan voort om met my eie ramme uit die Cheetah bloedlyn te teel om sodoende my Boerbokke nog verder te verbeter.